10 Januarie
datum
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
10 Januarie is die tiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 355 dae in die res van die jaar (356 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 49 v.C. – Julius Caesar en sy X Equestris-legioen kruis die Rubicon en oortree daarmee Romeinse reg en begin 'n burgeroorlog.
- 236 – Pous Fabianus volg Pous Anterus op.
- 1529 – Pous Clemens VII stel sy familielid Ippolito de' Medici aan as kardinaal.
- 1806 – Beëindiging van die Bataafse bewind aan die Kaap
- 1810 – Napoleon skei van keiserin Joséphine, sy kinderlose eerste vrou.
- 1888 – Die Swartbergpas word oopgestel.
- 1890 – Opening van grafkelder van koningin Cleopatra.
- 1929 – Die Belgiese kunstenaar Hergé skep Kuifie (Frans: Tintin), 'n denkbeeldige karakter wat in meer as 200 miljoen strokiesprentboeke in 40 tale gepubliseer is.
- 1943 – Die Meliskerk, Nederlandse vragskip vol wapens en ammunisie, vergaan ’n paar seemyle noordoos van Port St. Johns.
- 1946 – Die eerste algemene vergadering van die Verenigde Nasies open in Londen. Altesaam 51 lidlande is teenwoordig.
- 1962 – Drie mense verdrink toe die Boesmansrivier sy walle oorstroom naby Estcourt en Weenen in Natal.
- 1967 – Leabua Jonathan en John Vorster, eerste minister van onderskeidelik Lesotho en Suid-Afrika, ontmoet in Kaapstad.
- 2014 – Tafelberg se kabelkar (sweefspoor) verwelkom sy 23-miljoenste besoeker op die berg.
Geboortes
wysig- 1745 – Isaac Titsingh, Nederlandse snydokter en diplomaat († 1812).
- 1780 – Hinrich Lichtenstein, Duitse geneesheer, skrywer en botanikus († 1857).
- 1818 – Dirk Postma, Nederlandse en Suid-Afrikaanse teoloog en grondlegger van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika († 1890).
- 1829 – Sir David Tennant, Kaapse politkus, staatsman en die tweede Speaker van die Kaapkolonie († 1905).
- 1843 – Willem Petrus de Villiers, predikant in die NG Kerk, lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering, kampvegter vir Christelike Nasionale Onderwys en taalstryder († 1908).
- 1869 – Grigori Raspoetin, Russiese lekeprediker († 1916).
- 1872 – Andries Dreyer, Suid-Afrikaanse sendeling en kerkhistorikus († 1938).
- 1883 – Ds. Dirk du Plessis, predikant in 3 Gereformeerde kerke († 1941).
- 1927 – Johnnie Ray, Amerikaanse akteur († 1990).
- 1931 – Alex Boraine, Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en voormalige kerkleier († 2018).
- 1936 – Stephen E. Ambrose, Amerikaanse geskiedkundige en biograaf van twee voormalige V.S. presidente († 2002).
- 1945 – Gunther von Hagens, Duitse ontleedkundige.
- 1945 – Rod Stewart, Britse popsanger.
- 1949 – Linda Lovelace, Amerikaanse pornografiese aktrise († 2002).
- 1961 – Janet Jones, Amerikaanse aktrise.
- 1965 – Zamuxolo Peter, Suid-Afrikaanse politikus († 2020).
- 1971 – Theuns Jordaan, Suid-Afrikaanse sanger († 2021).
Sterftes
wysig- 310 – Pous Miltiades. Party bronne gee die jaartal as 311 (* Onbekend).
- 681 – Pous Agato, 79ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±577).
- 976 – Johannes I Tzimiskes, Bisantynse keiser (* 925).
- 1276 – Pous Gregorius X, 184ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1210).
- 1778 – Carolus Linnaeus, Sweedse dokter, plantkundige en bioloog (* 1707).
- 1794 – Georg Forster, Duits-Poolse etnoloog en joernalis (* 1754).
- 1897 – Gustav Christian Schwabe, Duits-gebore Britse koopman en finansier (* 1813).
- 1946 – Hjalmar Reitz, Suid-Afrikaanse politikus en skrywer (* 1877).
- 1862 – Samuel Colt, Amerikaanse uitvinder van die rewolwer (* 1814).
- 1966 – Abraham Jonker, Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en joernalis (* 1905).
- 1968 – Eben Dönges, Suid-Afrikaanse joernalis, kultuurleier en politikus, Staatspresident van Suid-Afrika (* 1898).
- 1971 – Coco Chanel, Franse mode-ontwerper (* 1883).
- 1975 – Anna Petronella van Heerden, eerste Afrikaner vrou wat as mediese dokter kwalifiseer (* 1887).
- 2015 – Dr. F.I.J. van Rensburg, Afrikaanse akademikus en literêre kritikus (* 1922).
- 2015 – Taylor Negron, Amerikaanse akteur, skrywer, skilder en vervaardiger (* 1957).
- 2016 – David Bowie, Britse sanger, liedjieskrywer en vervaardiger (* 1947).
- 2023 – Jeff Beck, Britse musikant (* 1944).
- 2023 – Konstantyn II, koning van Griekeland van 1964 tot 1974 (* 1940).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van Pous Fabianus in die Rooms-Katolieke Kerk.
- Feesdag van Pous Miltiades in die Rooms-Katolieke Kerk. (party bronne gee 10 Desember).
- Feesdag van Pous Agato in die Rooms-Katolieke Kerk. In die Ortodokse Kerk is dit op 20 Februarie.
- Feesdag van Pous Theonas van Alexandrië in die Kopties-Ortodokse Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 10 January. |