Amritsar-slagting: Verskil tussen weergawes
Nuwe bladsy geskep met 'Die '''Jallianwala Bagh-slagting''', ook bekend as die '''Amritsar-slagting''', het op 13 April 1919 plaasgevind toe troepe van die Brits-Indiese Leër onder die beve...' |
(Geen verskil)
|
Wysiging soos op 10:39, 15 Mei 2019
Die Jallianwala Bagh-slagting, ook bekend as die Amritsar-slagting, het op 13 April 1919 plaasgevind toe troepe van die Brits-Indiese Leër onder die bevel van Waarnemende Brigadier-Generaal Reginald Dyer wapens afgevuur het na 'n skare ongewapende Punjab burgers wat in Jallianwala Bagh, Amritsar, Punjab byeengekom het. Die burgers het byeengekom of vergader vir 'n vreedsame protesaksie ten einde die arrestasie en deportasie van twee nasionale leiers, Satya Pal en Saifuddin Kitchlew, te verwerp en om die Sikh fees van Baisakhi te vier.
Die Jallianwalla Bagh is 'n openbare tuin met mure aan alle kante en met vyf ingange.[1]
Op Sondag, 13 April 1919, was Dyer daarvan oortuig dat 'n groot opstand en gepaardgaande onluste sou uitbreek, en het hy dienooreenkomstig alle vergaderings verbied; sy kennisgewing was egter nie wyd versprei nie. Dit was die dag van Baisakhi, 'n belangrike Sikh fees, en baie dorpenaars het byeengekom in die Bagh om die feesdag te vier. By aanhoor daarvan dat 'n vergadering byeengekom het by Jallianwala Bagh, het Dyer daarna vertrek met troepe van die 2de/9de Gurkha Rifles.[2] Dyer en sy troepe het die tuin binnegegaan, en sodoende die hoofingang agter hul geblok, posisie geneem op 'n verhoogde uitkeping, en op Dyer se bevel losgebrand op die skare vir omtrent tien minute. Hulle het hulle geweervuur grootliks gerig na die paar oop hekke waardeur mense probeer vlug het, totdat die ammunisie byna uitgeput was. Die volgende dag het Dyer in 'n Verslag aan die Algemene Offisier in Bevel geskryf dat " Ek hoor dat daar tussen 200 en 300 mense uit die skare gedood is. My groep het 1,650 rondes gevuur. " ,[3] 'n nommer wat skynbaar verkry is deur die tel van leë patroondoppe wat daarna deur die troepe opgetel is.[4] Die Hunter Kommissie se verslag op die insident wat die volgende jaar gepubliseer was deur die Regering van Indië, het beide Dyer en die Regering van die Punjab gekritiseer vir hul versuim om 'n ongevalle-telling op te stel, en het sodoende 'n nommer aangehaal wat aangebied was deur Sewa Samati('n Maatskaplike Dienste Genootskap) van drie-honderd-nege-en-sewentig dooies,[5] met 'n geskatte duisend-eenhonderd gewondes, waarvan 192 ernstig gewond was.[6][7] Die geskatte ongevalle van die Indiese Nasionale Kongres was meer as 1,500 beseer, met 'n geskatte 1,000 dooies.
Hierdie "brutaliteit het die hele nasie verstom",[8] met 'n gevolglike "verskriklike verlies aan vertroue" met betrekking tot die algemene Indiese publiek in die beweegredes van die Verenigde Koninkryk.[9] Die oneffektiewe navrae, saam met die aanvanklike toekennings vir Dyer deur die House of Lords, was die vet op die vuur vir wydverspreide woede in die Indiese bevolking onderling teen die Britte, wat gelei het tot die Nie-samewerkings Beweging van 1920–22.[10]
Dyer was aanvanklik deur konserwatiewes in Brittanje geloof vir sy handelinge en het 'n held geword tussen die mense wat direk voordeel getrek het uit die Britse Raj,[11] soos byvoorbeeld lede van die House of Lords.[12] Hy was egter wyd gekritiseer deur liberales in die House of Commons en in Julie 1920 was 'n komitee van ondersoek ingestel deur die Britse parlement wat hom gesensureer het. Geen straf of streng dissiplinêre aksie kon egter teen hom geneem word nie omrede sy aksies goedgekeur was deur sy militêre bevelvoerders en meerderes, maar hy was gedissiplineer deur verwyder te word van sy huidige aanstelling, en is afgekeur vir 'n voorgenome bevordering, en was ook afgekeur vir verdere indiensneming in Indië. Hy was gevolglik gedwing om af te tree uit die leër, en het na Engeland teruggekeer waar hy in 1927 dood is. [13][14].[15].
Die vooraanstaande skrywer Rudyard Kipling het op die tyd verklaar dat Dyer "sy plig gedoen het soos hy dit gesien het".[16]. Die insident het Rabindranath Tagore (eerste Nobelpryswenner uit Asië) uitermate geskok. Sommige geskiedkundiges het geargumenteer dat die slagting veroorsaak het dat die Britse Leër sy militêre rol re-evalueer het; en gevolglik het die nuwe beleid een geword van die minste mag wanneer dit ook al moontlik is; latere Britse handeling gedurende die Mau Mau onluste in Kenia het egter daartoe gelei dat Huw Bennett die argumente bevraagteken het.[17] Die Leër was her-opgelei en het minder geweldadige taktieke vir skarebeheer ontwikkel.[18] Sommige geskiedkundiges beskou die aangeleentheid as 'n bydraende faktor tot die einde van Britse opperheerskappy in Indië.[19]
Verwysings
- ↑ name="CommissionersI_II_56">Report of Commissioners, Vol I, II, Bombay, 1920, Reprint New Delhi, 1976, bl 56.
- ↑ name="archive.org">. Lahore Civil and Military Gazette Press. 9 April 2018 https://archive.org/details/punjabdisturbanc01lahouoft – via Internet Archive.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|dtitle=
geïgnoreer (hulp); Ontbrekende of leë|title=
(hulp) - ↑ name="Hansard">"PUNJAB DISTURBANCES: THE CASE OF GENERAL DYER". Hansard. Hansard. Besoek op 12 April 2019.
- ↑ name="Colletp262">Nigel Collett (15 Oktober 2006). The Butcher of Amritsar: General Reginald Dyer. A&C Black. ISBN 978-1-85285-575-8.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|blds=
geïgnoreer (hulp) - ↑ name="Colletp263">Nigel Collett (15 Oktober 2006). The Butcher of Amritsar: General Reginald Dyer. A&C Black. p. 263. ISBN 978-1-85285-575-8.
- ↑ name=Hunter
- ↑ name="HumterMins">"Amritsar: Minutes of Evidence taken before the Hunter Committee". Parliament.UK. Besoek op 12 April 2019.
- ↑ Bipan Chandra etal, India's Struggle for Independence, Viking 1988, bl.166
- ↑ Barbara D. Metcalf and Thomas R. Metcalf (2006). A concise history of modern India. Cambridge University Press. bl.169
- ↑ Collett, Nigel (2006). The Butcher of Amritsar: General Reginald Dyer.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|bls=
geïgnoreer (hulp) - ↑ Derek Sayer, "British Reaction to the Amritsar Massacre 1919–1920", Past & Present,' Mei 1991, Issue 131, bls 130–164
- ↑ name= Tri130402
- ↑ . name="millbanksystems.com">"ARMY COUNCIL AND GENERAL DYER. (Hansard, 8 July 1920)". hansard.millbanksystems.com.
- ↑ Manchester, William. The Last Lion : Winston Spencer Churchill, Visions of Glory (1874–1932). Little, Brown. p. 694.
- ↑ Manchester, William. The Last Lion: Winston S Churchill, Visions of Glory (1874–1932). Little, Brown.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|bl=
geïgnoreer (hulp) - ↑ Nigel Collett, The Butcher of Amritsar, bl. 430.
- ↑ Huw Bennett, Fighting the Mau Mau: The British Army and Counter-Insurgency in the Kenya
- ↑ Srinath Raghaven, "Protecting the Raj: The Army in India and Internal Security, c . 1919–39", Small Wars and Insurgencies, (Fall 2005), 16#3 bls. 253–279 online
- ↑ Bond, Brian (Oktober 1963). "Amritsar 1919". History Today. Vol. 13, no. 10 (10 uitg.).
{{cite magazine}}
: Onbekende parameter|bls.=
geïgnoreer (hulp)