Renoster: Verskil tussen weergawes
AHB (besprekings | bydraes) |
AHB (besprekings | bydraes) |
||
Lyn 28: | Lyn 28: | ||
Daar heers onsekerheid oor waar die name ''Wit-'' en ''Swartrenoster'' vandaan kom, aangesien daar byna geen kleurverskil tussen hulle is nie. Een algemene verklaring is dat die Afrikaanse/Nederlandse naam wat destyds vir die Witrenoster gebruik is die ''Wye/Wijderenoster'' was. Dit sou na die grasvretende Witrenoster se wye breë bek verwys het. Die Engelse sou dan hierdie ''wyd'' foutiewelik as ''white'' vertaal het, en die Boere sou dan weer op hulle beurt die Engelse naam ''White rhinoceros'' vertaal en by ''Witrenoster'' opeindig. Die Swartrenoster is dan die spesie wat die teenoorgestelde van die Witrenoster is. |
Daar heers onsekerheid oor waar die name ''Wit-'' en ''Swartrenoster'' vandaan kom, aangesien daar byna geen kleurverskil tussen hulle is nie. Een algemene verklaring is dat die Afrikaanse/Nederlandse naam wat destyds vir die Witrenoster gebruik is die ''Wye/Wijderenoster'' was. Dit sou na die grasvretende Witrenoster se wye breë bek verwys het. Die Engelse sou dan hierdie ''wyd'' foutiewelik as ''white'' vertaal het, en die Boere sou dan weer op hulle beurt die Engelse naam ''White rhinoceros'' vertaal en by ''Witrenoster'' opeindig. Die Swartrenoster is dan die spesie wat die teenoorgestelde van die Witrenoster is. |
||
Hierdie verklaring word egter betwis, en daar is geen duidelike antwoord te vinde nie <ref>Rookmaker (2003) "Why the name of the white rhinoceros is not appropriate" , Pachyderm Jan-Jun 2003, toegang via http://www.rhinoresourcecenter.com/pdf_files/117/1175858144.pdf op 11 Junie 2016</ref>. Die gebruik van "wyd" of "wydbek" renoster is nêrens in 18e en 19e eeuse Nederlandse geskrifte aan die Kaap |
Hierdie verklaring word egter betwis, en daar is geen duidelike antwoord te vinde nie <ref>Rookmaker (2003) "Why the name of the white rhinoceros is not appropriate" , Pachyderm Jan-Jun 2003, toegang via http://www.rhinoresourcecenter.com/pdf_files/117/1175858144.pdf op 11 Junie 2016</ref>. Die gebruik van "wyd" of "wydbek" renoster is nêrens in 18e en 19e eeuse Nederlandse geskrifte aan die Kaap nie. As dit 'n algemene naam vir die dier was sou mens verwag het dat dit ten minste êrens genoem word. In Engels is die naam White rhinoceros vir die eerste keer in 1798 opgeteken, en van die begin af was daar bespeigelings oor die naam se oorsprong. Daar was 'n hele reeks verduidelikings wat oor die volgende eeu voorgestel is, onder andere: die Witrenoster is moontlik effens ligter as die Swartrenoster; die Witrenoster bad in modder wat hom soms ligter laat voorkom; die Witrenoster se horing is 'n ligter kleur aan die binnekant. Die teorie dat ''White rhinoceros'' 'n korrupsie van 'n Afrikaanse woord is, is eers in 1930 geopper en het aanvanklik nie veel aanhang geniet nie, maar is in die 1950s gepopulariseer. Dit is dus net een van menigte teorieë. |
||
== Verskillende spesies == |
== Verskillende spesies == |
Wysiging soos op 18:04, 11 Junie 2016
Renoster | |
---|---|
'n Witrenoster by Mpofu, Oos-Kaap, Suid-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Rhinocerotidae Gray, 1821
|
Genera | |
Verspreiding |
Die renoster is die grootste lewende landsoogdier met die uitsondering van die olifant. Daar bestaan tans vyf spesies renosters wêreldwyd: drie spesies in Asië en twee in Afrika. Altwee die spesies van Afrika kom ook in Suid-Afrika voor, en is die witrenoster en die skaarser swartrenoster.
Benaming
Die naam renoster kom via Latyns vanaf die Grieks ῥῑνόκερως (rhinokeras), wat 'n samestelling van ῥῑνο (rhino) betekende "neus" en κέρας (keras) betekende "horing" is. In Nederlands word daar deesdae dan ook van 'n "neushoorn" gepraat. Dit is 'n leenvertaling van die oorspronklike Griekse woord. Net soos in die geval met kameelperd het Afrikaans die outydse Latynse benaming behou, terwyl moderne Nederlands 'n nuwe naam vir die dier gekry het [1].
Daar heers onsekerheid oor waar die name Wit- en Swartrenoster vandaan kom, aangesien daar byna geen kleurverskil tussen hulle is nie. Een algemene verklaring is dat die Afrikaanse/Nederlandse naam wat destyds vir die Witrenoster gebruik is die Wye/Wijderenoster was. Dit sou na die grasvretende Witrenoster se wye breë bek verwys het. Die Engelse sou dan hierdie wyd foutiewelik as white vertaal het, en die Boere sou dan weer op hulle beurt die Engelse naam White rhinoceros vertaal en by Witrenoster opeindig. Die Swartrenoster is dan die spesie wat die teenoorgestelde van die Witrenoster is.
Hierdie verklaring word egter betwis, en daar is geen duidelike antwoord te vinde nie [2]. Die gebruik van "wyd" of "wydbek" renoster is nêrens in 18e en 19e eeuse Nederlandse geskrifte aan die Kaap opgeteken nie. As dit 'n algemene naam vir die dier was sou mens verwag het dat dit ten minste êrens genoem word. In Engels is die naam White rhinoceros vir die eerste keer in 1798 opgeteken, en van die begin af was daar bespeigelings oor die naam se oorsprong. Daar was 'n hele reeks verduidelikings wat oor die volgende eeu voorgestel is, onder andere: die Witrenoster is moontlik effens ligter as die Swartrenoster; die Witrenoster bad in modder wat hom soms ligter laat voorkom; die Witrenoster se horing is 'n ligter kleur aan die binnekant. Die teorie dat White rhinoceros 'n korrupsie van 'n Afrikaanse woord is, is eers in 1930 geopper en het aanvanklik nie veel aanhang geniet nie, maar is in die 1950s gepopulariseer. Dit is dus net een van menigte teorieë.
Verskillende spesies
In die moderne era is daar vyf renosterspesies: die Witrenoster en Swartrenoster in Afrika, en die Javaanse renoster, Sumatraanse renoster en Indiese renoster in Asië.
Witrenoster
- Hoofartikel: Witrenoster.
Die witrenoster (Cerarotherium simum) van Afrika is die renosterspesie wat nog die volopste in die wêreld voorkom. Die totale bevolking van hierdie soort in die natuur beloop 20 170 indiwidue (2010), waarvan die oorgrote meerderheid van 18 800 indiwidue (2010) in Suid-Afrika voorkom.[3]
Die witrenoster het, nes die swartrenoster, twee neushorings, maar 'n meer "vierkantige" bolip as die swartrenoster s'n. Hierdie lip gebruik hy om gras na sy mond te "vee". Aangesien dit 'n grasvreter is, word die witrenoster gewoonlik gesien met sy kop grond toe gebuig.
Swartrenoster
- Hoofartikel: Swartrenoster.
Die swartrenoster (Diceros bicornis) is baie skaarser as die witrenoster. Volgens skattings was daar in 2010 nog slegs 4 880 van dié renosterspesie in lewe. Hoewel hierdie aantal 'n verdubbeling is van die aantal swartrenosters in 1995, is dit nog 90% minder as wat daar drie geslagte terug was.[4]
Dié renostersoort het ’n lang, gepunte bolip (in teenstelling tot die vierkantige bolip van die witrenoster), wat dit gebruik om blare en fyn takkies mee beet te kry om te vreet. Hierdie renoster word daarom, in teenstelling met die witrenoster, gewoonlik met sy kop in die lug waargeneem.
Sien ook
Bronnelys
- ↑ http://www.etymologiebank.nl/trefwoord/neushoorn
- ↑ Rookmaker (2003) "Why the name of the white rhinoceros is not appropriate" , Pachyderm Jan-Jun 2003, toegang via http://www.rhinoresourcecenter.com/pdf_files/117/1175858144.pdf op 11 Junie 2016
- ↑ Emslie, R. (2012). ""Ceratotherium simum"". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2014.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 9 September 2014.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - ↑ Emslie, R. (2012). ""Diceros bicornis"". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2014.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 9 September 2014.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Renoster.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Renoster
Sien renoster in Wiktionary, die vrye woordeboek. |