Liberië
| |||||
Nasionale leuse: The love of liberty brought us here (Engels vir: "Die liefde vir vryheid het ons hierna gebring") | |||||
Volkslied: All Hail, Liberia, Hail! | |||||
Hoofstad | Monrovia | ||||
Grootste stad | Monrovia | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Joseph Boakai Jeremiah Koung | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Gestig deur die Amerikaanse koloniale Genootskap • Onafhanklikheidsverklaring • Anneksasie deur die Republiek Maryland • Amerikaanse erkenning • Huidige grondwet |
7 Januarie 1822 26 Julie 1847 18 Maart 1857 5 Februarie 1862 6 Januarie 1986 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
111 370[1] km2 (102de) 43 000 myl2 13,514 | ||||
Bevolking - 2023-skatting - 2008-sensus - Digtheid |
5 506 280[1] (120ste) 3 476 608 35,5 / km2 (180ste) 92,0 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,481[3] (178ste) – laag | ||||
Gini (2016) | 35,3[4](–) – medium | ||||
Geldeenheid | Liberiese dollara (LRD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | ||||
Internet-TLD | .lr | ||||
Skakelkode | +231 | ||||
a. Die Amerikaanse dollar is ook 'n wettige betaalmiddel. |
Liberië (Engels: Liberia, [laɪˈbɪəriə], ), amptelik die Republiek Liberië (Engels: Republic of Liberia), is 'n land aan die weskus van Afrika, begrens deur Sierra Leone in die noordooste, Guinee in die noorde, Ivoorkus in die ooste en die Atlantiese Oseaan in die suidweste. Dit het in die onlangse verlede gebuk gegaan onder twee burgeroorloë, die Eerste Liberiese Burgeroorlog (1989–1996) en die Tweede Liberiese Burgeroorlog (1999–2003), wat honderde-duisende mense verplaas en die Liberiese ekonomie vernietig het.
Liberië beslaan 'n oppervlakte van 111 370 km² en 'n bevolking van 5 506 280 in 2015 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Monrovia wat in die weste langs die Atlantiese Oseaan geleë is. Die oostelikste punt van Liberië grens aan die Golf van Guinee. Die naam van dié land is ontleen aan Latyn liber vir "vry" en verwys na die tuiste vir vrygelate Afro-Amerikaanse slawe uit die Verenigde State, wie se voorvaders tydens die Atlantiese slawehandel deur Europese uit Wes-Afrika magte na die Amerikas geneem is. Die VSA het op verskeie vlaktes as voorbeeld vir Liberië gedien, byvoorbeeld is die vlag van Liberië aan die Amerikaanse vlag en dié land se grondwet van die Amerikaanse grondwet ontleen.
Liberië is op 7 Januarie 1822 deur die Amerikaanse koloniale genootskap gestig wat slawe uit die Verenigde State na Wes-Afrika gebring en daar vrygelaat het. Op 26 Julie 1847 het president Joseph Jenkins Roberts Liberië se onafhanklikheid van die Verenigde State verklaar, wat van dié land na Ethiopië die tweede oudste van Afrika maak. Die eerste grondwet dateer van 5 Januarie 1839 en is georiënteerd aan die Amerikaanse s'n. Volgens hierdie grondwet is dié land amptelik Gemenebes Liberië (Commonwealth of Liberia) genoem. Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het sowat 12 000 Afro-Amerikaners in Liberië geleef. Dié land se samelewing word tot vandag deur konflikte tussen die slawe se nasate en die inheemse bevolking gekenmerk.
Monrovia het tot 'n belangrike hawestad aan die kus van Wes-Afrika ontwikkel. As gevolg van die Kongokonferensie 1884/1885 in Berlyn moes Liberië 'n deel aan Frankryk afstaan en net die VSA se politiese druk het 'n anneksasie verhoed. Die Afrikabevolking het in 1904 burgerregte en in 1907 stemreg ontvang. 1926 het die Amerikaanse maatskappye Firestone en Goodrich Corporation groot gebiede grond vir rubberplantasies gekoop, wat vir 99 jaar gehuur is. Hierdeur het dié land in ekonomiese opsig van die VSA afhanklik geword. In 1979 het 'n prysverhoging vir rys aanleiding gegee tot landswye proteste en oproer. Op 12 April 1980 het Samuel K. Doe in 'n staatsgreep die mag oorgeneem wat vir 20 jare tot 'n polities onstabiele situasie gelei het. Doe is in 1990 afgesit, gemartel en vermoor, waarop 'n 14-jarige burgeroorlog gevolg het. Nadat in 2003 'n skietstilstand bereik is, het president Charles Taylor dié land verlaat. In 2005 is Ellen Johnson Sirleaf tot Afrika se eerste vroulike president verkies en is op 16 Januarie 2006 ingesweer. Saam met Tawakkol Karman uit Jemen en haar landsvrou Leymah Gbowee het sy in 2011 die Nobelprys vir Vrede gewen. Sy is op 23 Januarie 2018 opgevolg deur die voormalige sokkerspeler George Weah wat as Liberië se eerste demokratiese leierskapverandering sedert 1944 beskou word.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Liberia". Central Intelligence Agency. Besoek op 25 Januarie 2024.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Liberia". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 25 Januarie 2024.
- ↑ (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 25 Januarie 2024.
- ↑ (en) "Gini index – Liberia". Wêreldbank. Besoek op 25 Januarie 2024.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Algemeen
- (en) "Liberia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Januarie 2024.
- (en) "Liberia". Central Intelligence Agency. Besoek op 25 Januarie 2024.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Liberië.
- (en) Toerisme-inligting oor Liberië op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf