Gaan na inhoud

Aandelebeurs

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die bekendste effektebeurs ter wêreld is die New Yorkse Aandelebeurs in Wall Street, New York.

'n Aandelebeurs of effektebeurs is 'n tegniese mark waar aandele of effekte verhandel word. Aandelemakelaars dryf op 'n aandelebeurs namens hulself en hul kliënte handel en is op die betrokke beurse geregistreer. Die grootste effektebeurse ter wêreld is die New Yorkse Aandelebeurs (Wall Street), die Tokyo-aandelebeurs, die Amerikaanse NASDAQ, die Europese Euronext en die Londense Aandelebeurs. Die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) is die grootste in Afrika.

Terminologie

[wysig | wysig bron]

Aandelemakelaars het hulle eie terminologie wat gebruik word tydens verhandelings. Sommige van die terme het intussen só alledaags geword dat hulle in die spreektaal opgeneem is: "bulmark" verwys na 'n stygende mark met bygaande mark-optimisme, terwyl die teenoorgestelde 'n "beermark" is. Die belangrikste beurs is die aandelebeurs, waar die verhandeling van effekte of aandele plaasvind. Dié beurs is alleenlik vir lede toegank­ lik. Dit beteken egter nie dat die publiek nie ook beursaandele kan bekom nie. Enigeen bo 21 jaar kan deur 'n makelaar aandele koop. 'n Makelaar is 'n persoon wat op die beurs geregistreer is en wat koop-­ en verkooptransaksies namens homself en ander mense mag aangaan.

Aandele word vir die eerste keer gelys op die aandelebeurs en aan die publiek aangebied deur 'n "IPO", of aanvanklike openbare aanbod.

Die belangrikste effektebeurse in die wêreld is dié in Londen, Frankfort, Amsterdam, Parys, Brussel, Milaan, Zürich, die New York Stock Exchange (Wall Street) en die Johannesburgse Effektebeurs  in Suid-Afrika.

Die Johannesburgse Effektebeurs is in November 1887 deur Benjamin Woollan gestig en is onderhewig aan die Wet op Beheer van Effektebeurse van 1947, soos gewysig. Die doel van die Beurs was om 'n mark  te bied vir die talie mynbou- en finansiële maatskappye wat kort ná die ontdekking van goud in Johannesburg ontstaan het. In sy eerste 30 jaar was die Beurs hoofsaaklik 'n mynboumark en is vandag nog steeds die grootste goudmynmark ter wêreld. Die afgelope 35 jaar het sake so verander dat daar vandag meer as dubbel soveel nywerheids- as mynmaatskappye genoteer is.

Die prys waarteen 'n aandeel verhandel word,  word deur vraag en aanbod bepaal. Makelaars roep die naam van die aandeel wat verkoop moet word hardop uit,en as iemand belang stel, word daar 'n aanbod gedoen. Wanneer die aanbod aanvaar is, is die transaksie beklink  en word  die prys waarteen dit  verhandel is, op 'n skryfbord aangebring, waarná besigheid  verder voortgesit word.

Verhandelinge

[wysig | wysig bron]

'n Aandeel se prys hang van vraag en aanbod af. 'n Makelaar sal die naam van 'n aandeel wat te koop staan uitroep, waarop 'n belangstellende 'n aanbod sal maak. Indien die makelaar sy aanbod aanvaar, word die transaksie beklink en die prys waarteen dit verhandel is op 'n elektroniese skerm aangebring. Uit die  aard van hulle werk  kan 'n mens verstaan dat die hoogste persoonlike integriteit verwag word van lede wat op die Beurs geregistreer is. Daarom word die Effektebeurs ook  beheer deur sy eie reëls en verordeninge, wat dikwels strenger is as die Wet.

Die Effektebeurs word deur 'n erekomitee van 15 lede bestuur wat jaarliks uit die geledere van die Beurs verkies moet word.  Die komitee benoem 'n president en onderpresident en 'n aantal onderkomitees. Die Registrateur van Finansiële lnstellings of sy benoemde is ex officio - lid van die komitee en van alle ander komitees.

Weens die styging in die getal nywerheidsaandele het die aard van die Beurs ingrypend verander. Waar dit vroeër eerder 'n spekulatiewe mark was, is dit vandag meer 'n beleggingsmark, met ander woorde aandeelhouers maak staat op veilige beleggings wat vir hulle 'n goeie dividend sal betaal.

'n Dividend is 'n verdienste wat verdeel word onder aandeelhouers na gelang van hulle soort aandeel (voorkeur of  gewone) en die aantal. Die Effektebeurs het 'n eie terminologie  en "sleng".  Iemand wat  'n  klomp aandele  koop en dit by  die geringste styging  in die prys weer verkoop, word '-n "tickey snatcher" genoem, en die versigtige verkoper wat probeer om aandele in die hande te kry voordat 'n maatskappy genoteer word,  word 'n "stag" genoem.

Sommige van die Beursterme  is al in die gewone spreektaal opgeneem. Só word daar bv. gereeld in finansiële terme van 'n bulmark (stygende) of 'n beermark (dalende)  gepraat. 'n Belegger  op 'n beermark  verwag dat  die aandele verder sal val, dus verkoop hy sy aandele in die hoop om dit later  goedkoper terug  te koop.

Die eerste volwaardige effektebeurs in Suid-Afrika is in 1880 in Kimberley gestig, gevolg deur twee in Barberton in 1884. Net die fasade van een het oorgebly en is vandag 'n historiese monument.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
  • Aandelebeurs in Wêreldspektrum, volume 1. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.