Gaan na inhoud

Apollo-program

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Apollo-program se logo
Apollo beheer-en-diensmodule in 'n wentelbaan om die Maan
Posisies waar Apollo-sendings op die Maan geland het

Die Apollo-program was 'n reeks sendings wat tussen 1961 en 1975 deur die Amerikaanse Ruimte-administrasie (NASA) met die gebruik van die Apollo-ruimtetuig en die Saturn-V-vuurpyl onderneem is. Die bevelmodule en tweede fase van die Saturn-V is deur North American Aviation ontwikkel en het die landing van 'n mens op die Maan, en ook sy veilige terugkeer na die Aarde, ten doel gehad. Hierdie doel is uiteindelik met die Apollo 11 missie op 20 Julie 1969 bereik. Die woorde van een van die ruimtevaarders toe Apollo 13 later nie dié sukses kon herhaal nie, "Houston, we have a problem", word vandag soms op humoristiese wyse gebruik wanneer iets skeefloop.[1]

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

Die Apollo-program kan beskou word as 'n voortsetting van die Mercury- en die Gemini-ruimtepro­gramme. Die doel was om bemande reise na die maan te onderneem sodat navorsing op die hemelliggaam gedoen kon word. Die eerste maan­landing is op 21 Junie 1969 deur Neil Armstrong en Buzz Aldrin uitgevoer. Die derde ruimtereisiger, Michael Collins, het in die Apollo-beheer-en-diensmodule in 'n wentelbaan om die maan gewentel.

Die maan is aanvanklik te voet verken, maar later kon groot afstande met 'n spesiaal ontwerpte maankar afgelê word. Gedurende die Apollo-program is ongeveer 400 kilogram maanrots na die aarde gebring, waar daar stelselmatig met die ontleding daarvan begin is. Dit het nie alleen die mens se kennis van die maan as hemelliggaam baie verbreed nie, maar het ook 'n beter begrip gegee van die ontstaan en samestelling van die sonnestelsel.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die geskiedenis van die Apollo-program het reeds in 1957 begin. In daardie jaar het 'n span ruimtevaartdeskundiges onder leiding van Wernher von Braun met die ontwerp van 'n “super-vuurpyl" vir die Amerikaanse leer begin. Die vuurpyl, Juno, was bedoel om 'n stukrag van 700 ton te ontwikkel en 'n massa van 2,5 tot 5 ton in 'n wentelbaan om die aarde te plaas. Aangevuur deur die sukses wat die Russe in die ruimte behaal het, en die feit dat hulle reeds die agterkant van die maan gefotografeer het, is die program in aller haas aangepak.

Die aanvanklike projek is opgevolg met die ontwerp van Juno-V later tot Saturn-V herdoop wat 'n stukrag van 3 400 ton sou kon lewer en selfs meer as een ruimtevaarder na die maan sou kon vervoer. Aan Amerikaanse kant is daar toe egter nog nie met die werk aan die bemande maanvlugte begin nie.

NASA (National Aeronautics and Space Administration) het hom intussen besig gehou met die vraag oor wat na die Mercury-projek moet gebeur die proefstadium van die eenman-ruimtetuie was feitlik afgehandel. In 1960 is 'n program van bemande maanvlugte voorgestel, wat die naam Apollo gekry het.

John F. Kennedy het in dieselfde jaar president van die VSA geword en hy was onmiddellik 'n vurige ondersteuner van die program. Op 25 Mei 1961 het hy die plan aan die Amerikaanse Kongres voorgelê en dit is goedgekeur. Voor die einde van die sestigerjare sou die VSA 'n man na die maan stuur.

Gedagtig aan die Russe se voor­sprong, is daar haastig met voorbereidings begin. Verskillende moontlikhede vir die vlug na die maan is oorweeg, maar uiteindelik is besluit dat twee verskillende ruimtetuie gebruik moet word. Twee ruimtevaarders sou in 'n landingstuig op die maan land terwyl 'n derde in die Apollo-beheer en diensmodule in 'n wentelbaan om die maan sou wentel.

Die vuurpyl wat vir die maanreis ontwerp is, was die driefase-Saturn-V, wat 'n totale lengte van 111 m gehad het. Vir die eerste fase is vyf motore gebruik, met keroseen en vloeibare suurstof as brandstof. Hierdeur kon die vuurpyl ʼn snelheid van bykans 10 000 km/h haal en die ruimtetuig tot 65 km die ruimte indra. Na 160 sekondes is hierdie fase afgehandel en is die vyf motore vir die tweede fase ontsteek. As brandstof is vloeibare waterstof en suurstof gebruik en is die snelheid nou tot 12 500 km/h verhoog. Vir die derde fase is slegs een motor gebruik, maar dit is twee keer in werking gestel; die eerste keer om die tuig in 'n wentelbaan om die aarde te plaas en daarna om in 'n wentelbaan om die maan te kom. Gedurende elke fase is die aanjaer­vuurpyle trapsgewys ontkoppel. Die Apollo-ruimtetuig is, na die ontkoppeling van die derde trap, op sy alleenreis voort gestuur.

sendings

[wysig | wysig bron]
  • A – Onbemande Saturn-V en Apollo bevel- en diensmodule (CSM) ontwikkeling (Apollo 4, Apollo 6)
  • B – Onbemande maanmodule (LM) ontwikkeling (Apollo 5)
  • C – Eerste bemande Apollo-evaluasie in 'n lae aardwentelbaan (Apollo 7)
  • D – Bemande CSM en LM ontwikkeling in 'n lae aardwentelbaan (aanvanklik beplan vir Apollo 8; gevlieg as Apollo 9)
  • E – Bemande CSM en LM oefenoperasies vir maanreis in 'n medium aardwentelbaan op 'n apside van (7 400 km), maar nie onderneem nie
  • F – Bemande CSM en LM operasies in maanwentelbaan, die "kleedrepetisie" vir 'n maanlanding (Apollo 10)
  • G – Eerste bemande Apollo-vlug wat 'n maanlanding uitvoer (Apollo 11)

Die eerste bemande maanmodule (LM-3) was nie gereed in Desember 1968 vir die lanseerdatum van Apollo 8 nie. Dit is as 'n maanwentelbaanmissie gevlieg met slegs die CSM, waarna die E-missie toe gekanselleer is.

Datums hier gelys is die datums van die lansering.

Bemande sendings

[wysig | wysig bron]
Missie Lanserings Voertuig LV Reeksnommer Bevelvoerder Sr Vlieënier/ Bevelmodule Vlieënier Vlieënier/ Maanmodule Vlieënier Bevelmodule Naam Maanmodule Naam Lanseerdatum Lanseertyd Tydsduur
Apollo 1 (AS-204)
Saturn IB AS-204 Grissom White Chaffee n.v.t. Geen MM Beplande Datum: 21 Februarie 1967 n.v.t. n.v.t.
Die missie het nooit begin nie. Op 27 Januarie 1967 het 'n brand in die Apollo bevelmodule tydens 'n toets op die lanseerplatform uitgebreek wat die module verwoes het. Al die bemanning naamlik Grissom, White en Chaffee het gesterf. Die Saturn 1B Lanseringsvoertuig (LV), reeksnommer AS-204 was nie beskadig nie en is later gebruik vir die Apollo 5 missie.
Apollo 7
Saturn IB AS-205 Schirra Eisele Cunningham n.v.t. Geen MM 11 Oktober 1968 15:02 GMT 10d 20h
09m 03s
Dit was die eerste sending in die Apollo program om bemanning na die ruimte te neem. Die missie was om die nuwe "Block II Apollo Command/Service Module"(CSM) module te toets. Dit sluit in die eerste regstreekse TV-uitsending van 'n Amerikaanse ruimtetuig.
Apollo 8
Saturn-V AS-503 Borman Lovell Anders n.v.t. Geen MM 21 Desember 1968 12:51 GMT 06d 03h
00m 42s
Apollo 8 was die eerste bemande vlug wat in 'n wentelbaan om die maan gelanseer is en ook die eerste bemande Saturn-V vuurpyl. Regstreekse televisiebeeld is uitgesaai na die Aarde van die donkerkant van die maan.
Apollo 9
Saturn-V AS-504 McDivitt Scott Schweickart Gumdrop Spider 3 March 1969 16:00 GMT 10d 01h
00m 54s
Apollo 9 het vir 10 dae in 'n lae aardwentelbaan die maanmodule getoets. Dit het die vermoë van die module om met die bevelmodule te rendezvous en te koppel gedemonstreer. 'n Ruimtewandeling het die draagbare lewensondersteuningstelsel getoets.
Apollo 10
Saturn-V AS-505 Stafford Young Cernan Charlie Brown Snoopy 18 Mei 1969 16:49 GMT 08d 00h
03m 23s
Apollo 10 word dikwels na verwys as 'n kleedrepetisie vir die maanlanding, die maanmodule is tot 8,4 seemyl bo die oppervlak van die maan laat wentel (15,6 km) sonder om te land. Daar is opsetlik nie brandstof in die maanmodule gelaai nie.
Apollo 11
Saturn-V AS-506 Armstrong Collins Aldrin Columbia Eagle 16 Julie 1969 13:32 GMT 08d 03h
18m 35s
Op 20 Julie 1969 het Apollo 11 se maanmodule die eerste maanlanding uitgevoer in die "Bedaarde See" (Mare Tranquillitatis). Armstrong en Aldrin het elk een ruimtewandeling naby die maanmodule uitgevoer terwyl Collins in die bevelmodule om die maan bly wentel het. Weens komplikasies het die maanmodule nie presies op die beplande plek geland nie.
Apollo 12
Saturn-V AS-507 Conrad Gordon Bean Yankee Clipper Intrepid 14 November 1969 16:22 GMT 10d 04h
36m 24s
Apollo 12 het die eerste akkurate bemande maanlanding uitgevoer in die Stormsee (Oceanus Procellarum) en het naby Surveyor 3 geland. In twee ruimtewandelings het hul dele van die Surveyor tuig geneem en terug gebring aarde toe.
Apollo 13
Saturn-V AS-508 Lovell Swigert Haise Odyssey Aquarius 11 April 1970 19:13 GMT 05d 22h
54m 41s
Die sending was veronderstel om te land by die Fra Mauro formasie, Apollo 13 se missie is gekanselleer na 'n suurstoftenk ontplof het op pad na die maan, die landing is totaal gekanselleer. Na een omwenteling om die maan het die bemanning die maanmodule as 'n reddingsboot gebruik om terug na die aarde te keer omdat die bevelmodule beskadig was.
Apollo 14
Saturn-V AS-509 Shepard Roosa Mitchell Kitty Hawk Antares 31 Januarie 1971 21:03 GMT 09d 00h
01m 58s
Apollo 14 het suksesvol geland by die Fra Mauro formasie (Waar Apollo 13 veronderstel was om te land). Die eerste kleurvideobeeld van die maan is op die sending geneem, die eerste materiaalkunde eksperimente is op die maan uitgevoer en twee ruimtewandelings is onderneem.
Apollo 15
Saturn-V AS-510 Scott Worden Irwin Endeavour Falcon 26 Julie 1971 13:34 GMT 12d 07h
11m 53s
Apollo 15 het geland by die Hadley–Apennine streek en het vir 3 dae op die maan gebly om omvattende geologiese ondersoeke uit te voer. Dit was ook die eerste keer wat die maankarretjie gebruik is.
Apollo 16
Saturn-V AS-511 Young Mattingly Duke Casper Orion 16 April 1972 17:54 GMT 11d 01h
51m 05s
Apollo 16 se maanmodule het in die Descartes Hoogland geland. Daar is drie maan- en een diepruimte ruimtewandelings uitgevoer.
Apollo 17
Saturn-V AS-512 Cernan Evans Schmitt America Challenger 7 Desember 1972 05:33 GMT 12d 13h
51m 59s
Die finale Apollo maansending land in die Taurus–Littrowvallei. Schmitt, 'n geoloog, was die eerste professionele wetenskaplike om op 'n NASA-sending te gaan. Apollo 17 was die eerste nag lansering en die laaste bemande ruimtevlug buite 'n lae aardwentelbaan.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8