Gaan na inhoud

Cookeilande

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Cookeilande
Cook Islands (Engels)
Kūki 'Āirani (Cookeilandse Māori)
Vlag van die Cookeilande Wapen van die Cookeilande
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Te Atua Mou E
(Cookeilandse Māori vir: "God is die waarheid")
Volkslied: Te Atua Mou E
(Cookeilandse Māori vir: "God is die waarheid")
Ligging van die Cookeilande
Hoofstad Avarua

21°12′S 159°46′W / 21.200°S 159.767°W / -21.200; -159.767

Grootste stad Avarua
Amptelike tale Engels en Cookeilandse Māori
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste Minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Sir Tom Marsters
Mark Brown
Onafhanklikheid
Geassosieerde staat
• Selfregering
in vrye assosiasie
met Nieu-Seeland
VN-erkenning
van onafhanklikheid in
buitelandse betrekkinge

Koninkryk van Nieu-Seeland


4 Augustus 1965


1992[1]
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
236,7 km2  (210de)
91,4 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2016-sensus
 - Digtheid
 
17 518[2][3] (213de)
17 459[4]
42 / km2 (138ste)
108,8 / myl2
BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$384 miljoen[5]
$21 994

Geldeenheid Nieu-Seelandse dollar
Cookeilandse dollar (NZD/CKD)
Tydsone
 - Somertyd
CKT (UTC-10)
nie toegepas nie (UTC-10)
Internet-TLD .ck
Skakelkode +682

Die Cookeilande (Engels: Cook Islands, ; Cookeilandse Māori: Kūki 'Āirani[6]) is 'n groep van 15 eilande in die suidelike deel van die Stille Oseaan en lê in Polinesië. Dit is 'n selfregerende eilandstaat in vrye assosiasie met Nieu-Seeland en word deur 55 lande erken. Die eilande is na James Cook genoem, maar hulle oorweeg tans 'n naamsverandering om die Polinesiese erfenis te weerspieël.[7]

Kaart van die Cookeilande

Die 15 klein eilandjies beslaan 'n totale oppervlakte van 236,7 vierkante kilometer en het 'n bevolking van 17 518 in 2018 gehad. Die Cookeilande is in die weste van Frans-Polinesië, in die suide van Kiribati, in die ooste van Tokelau, Amerikaans-Samoa, Niue en Tonga en in die noordooste van Nieu-Seeland geleë. Die gebied se hoofstad en grootste stad Avarua is op die grootste eiland, Rarotonga, geleë.

Geografie

[wysig | wysig bron]
Kaart van die Cookeilande

Die Cookeilande bestaan uit 15 eilande:

Groep Eiland Oppervlakte
(km²)
Bevolking 2011
Noordelike Penrhyn 10 213
Noordelike Rakahanga 4 77
Noordelike Manihiki 5 238
Noordelike Pukapuka 1 451
Noordelike Tema Reef (onderwater) 0 0
Noordelike Nassau 1 73
Noordelike Suwarrow 0 2
Suidelike Palmerston 2 60
Suidelike Aitutaki 18 1 771
Suidelike Manuae 6 0
Suidelike Takutea 1 0
Suidelike Mitiaro 22 189
Suidelike Atiu 27 468
Suidelike Mauke 18 300
Suidelike Winslow Reef (onderwater) 0 0
Suidelike Rarotonga 67 10 572
Suidelike Mangaia 52 562
Totaal Totaal 237 14 976

Politiek

[wysig | wysig bron]

Internasionale erkenning

[wysig | wysig bron]
Buitelandse betrekkinge van die Cookeilande:

   Cookeilande

   Lande wat diplomatieke betrekkinge met die Cookeilande handhaaf

   Lande wat konsulêre verhoudings met die Cookeilande handhaaf

Die volgende lande het formele diplomatieke betrekkinge met die Cookeilande gevestig.[8]

Oseanië (15 lande)


Asië (14 lande)


Afrika (1 land)


Europa (18 lande)


Amerikas (6 lande)

Sport

[wysig | wysig bron]
Die Cookeilande se haka voor die wedstryd teen Niue, 2015

Rugby League is die gewildste sportsoort op die Cookeilande en word as nasionale sport beskou. Rugby,[9] sokker en die vroue se netbal is ook gewild.

Rugby is deur Nieu-Seelanders na die Cookeilande gebring en was, soos op die meeste eilandstate van die Stille Oseaan, vanaf die begin van die 20ste eeu die gewildste sportsoort op die Cookeilande. Die nasionale span spel egter net teen "kleiner" nasionale spanne en het tot dusver nog nie vir 'n rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer nie.[10]

Rugby League het rugby as gewildste sportsoort oorvleuel en word as die eilandstaat se nasionale sport beskou.[11] Die nasionale span het tot dusver aan drie rugbyleaguewêreldbekertoernooie deelgeneem (in 2000, 2013 en 2021).

Sokker word op die Cookeilande ook beoefen en die nasionale span kom veral teen ander kleiner eilandstate van die Stille Oseaan te staan. Hulle het nog nie vir 'n Sokker-Wêreldbeker gekwalifiseer nie. Hulle het aan twee Oseanië-sokkerkampioenskappe deelgeneem (in 1998 en 2000).

Soos in ander lande van die Britse Statebond is netbal gewild en die nasionale span het aan ses netbalwêreldbekertoernooie deelgeneem. Tydens die Pasifiese spele het hulle twee goue medaljes (in 1966 en 1991) ingepalm en tydens die Mini-Pasifiese spele vyf goue medaljes (in 1981, 1985, 1989, 1993 en 1997).

Soos in ander Pasifiese eilandstate word op die Cookeilande 'n tradisionele plaaslike soort krieket beoefen.[9]

Beelde

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) UN THE WORLD TODAY (PDF) and Repertory of Practice of United Nations Organs Supplement No. 8; bl. 10
  2. (en) "World Population prospects – Population division". Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling. Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 16 Maart 2020.
  3. (en) "Overall total population – World Population Prospects: The 2019 Revision" (xslx). Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling (custom data acquired via website). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 16 Maart 2020.
  4. (en) "Census 2016". Departement van Finansies en Ekonomiese Bestuur. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2017. Besoek op 11 November 2017.
  5. (en) "UNCTADstat – General Profile: Cook Islands". UNCTADstat. Besoek op 9 Augustus 2021.
  6. (en) Jasper Buse & Raututi Taringa (1995). Cook Islands Maori dictionary. Cookeilandse Departement van Onderwys. p. 200.
  7. (en) "Cook Islands considers name change to reflect heritage". BBC. 6 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2019. Besoek op 16 Maart 2020.
  8. (en) Ministerie van Buitelandse Sake en Immigrasie (2015). "Foreign Affairs". Cookeilandse regering. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2015. Besoek op 10 Januarie 2016.
  9. 9,0 9,1 (en) South Pacific and Micronesia. Lonely Planet. 2006. p. 53. ISBN 1-74104-304-2.
  10. (en) Bath, Richard (1997). The Complete Book of Rugby. Seven Oaks Ltd. p. 65. ISBN 1-86200-013-1.
  11. (en) "Cook Islands Financial Strife". We are rugby. 11 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2011. Besoek op 11 April 2011.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Vlag van Nieu-Seeland Koninkryk van Nieu-Seeland (Realm of New Zealand) Wapen van Nieu-Seeland
CookeilandeNieu-SeelandNiueRoss-AfhanklikheidTokelau