Disfemisme
Voorkoms
'n Disfemisme of growwe oordrywing is 'n stylfiguur waarby iets of iemand kwetsender, growwer en/of aanstootliker voorgesteld word as wat dit in werklikheid is. Die bedoeling is oor die algemeen om bepaalde gevoelens so kras of negatief moontlik te verwoord. In kontras met eufemismes, wat ter wille van versagting en verbloeming gebruik word, het disfemismes 'n versterkende funksie.
Voorbeelde
[wysig | wysig bron]- Hy het haaikos geword (hy het verdrink)
- Sy is besig om kruiwa te stoot (sy is swanger)
- Poepketel (toilet)
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Eufemisme, as iets mooier of vriendeliker voorgestel word as wat dit werklik is.
Verdere naleeswerk
[wysig | wysig bron]- Funksionele Aspekte van Afrikaanse Esosentriese Komposita deur Lariza van Niekerk, UNISA, November 2006
- Die leksikografiese hantering van seksuele uitdrukkings in Afrikaans deur Gerhard B van Huyssteen, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys