Gaan na inhoud

J. Slauerhoff

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
J. Slauerhoff
Gebore
Jan Jacob Slauerhoff

(1898-09-15)15 September 1898
Leeuwarden, Nederland
Sterf5 Oktober 1936 (op 38)
Hilversum, Nederland
Alma materAmsterdam Munisipale Universiteit
BeroepDigter, romansier, algemene praktisyn, skeepsdokter
EggenootDarja Collin (1930–1935)
Noemenswaardige werke

Jan Jacob Slauerhoff[1] (15 September 18985 Oktober 1936), wie gepubliseer het as J. Slauerhoff, was 'n Nederlandse digter en romansier. Hy word beskou as een van die belangrikste Nederlandse skrywers.

Slauerhoff het die Hogereburgerschool (sekondêre skool) in Harlingen, Nederland bygewoon waar hy die eerste keer kennis gemaak het met sy toekomstige medeskrywer Simon Vestdijk. In 1916 het Slauerhoff na Amsterdam verhuis om geneeskunde te studeer. Terwyl hy aan die universiteit studeer het, het hy sy eerste gedigte geskryf. Sy debuut as digter was in die kommunistiese tydskrif De Nieuwe Tijd. Hy was vanaf 1919 tot 1920 redakteur van die Amsterdamse studentetydskrif Propria Cures.[2] In 1919 het Slauerhoff verloof geraak aan 'n student in Nederlandse taalstudies genaamd Truus de Ruyter. In 1921 het hy aangesluit by die personeel van die literêre tydskrif Het Getij en later by die van De Vrije Bladen; in die tydperk het hy kennis gemaak met die digters Hendrik Marsman en Hendrik de Vries.[2]

Vroeë loopbaan

[wysig | wysig bron]

Sy eerste bundel gedigte (Archipel) is in 1923 gepubliseer.[2] Daarna het hy as mediese praktisyn begin werk op skepe, vernaam in Suid-Oos Asië. Baie van sy werk het betrekking op reis en die verlange na verre kuste soos Sjina, Japan en die seë.

Troue, laaste jare

[wysig | wysig bron]
Slauerhoff in Sjinese drag. (Versameling Letterkundig Museum)

Sy bekendheid as skrywer het intussen toegeneem. In 1932 het hy Het verboden rijk geskryf. Dit is 'n deels historiese en deels magies-realistiese roman wat die lewe van 'n 20ste eeuse Europeaan vermeng met dié van Luís de Camões ('n 16de eeuse Portugese digter van sonnette en skrywer van die epiese werk Os Lusíadas. Hy het 'n deel van sy lewe in die Ooste spandeer).[3] Ten spyte daarvan dat dit eers in 2012 in Engels vertaal is (en steeds nie in Afrikaans beskikbaar is nie),[4] het dit die aandag getrek van skolastici soos Jane Fenoulhet wat in 2001 na dit as 'n belangrike modernistiese roman verwys het.[5] Beide Het verboden rijk en die opvolgroman Het leven op aarde (1934) is wyd geprys en sy 1933-versbundel Soleares is bekroon met die Van der Hoogt-prys.[3]

Styl en temas

[wysig | wysig bron]

Alhoewel Slauerhoff in die tydvak van ekspressionisme geskryf het is sy poësie volgens Garmt Stuiveling en G.J. van Bork in wese romanties van aard: dit toon sterk outobiografiese elemente, dit bevat rusteloosheid, verbeeldingskrag en 'n verlange na ver en afgeleë plekke, uitgedruk deur vereenselwiging met boemelaars, ontdekkers en seerowers.[2]

Baie van Slauerhoff se werk handel oor armes en verdruktes; veral die digbundels Archipel (1923), Eldorado (1928), Soleares (1933) en Een eerlijk zeemansgraf (1936). Die opvoer van sy toneelstuk Jan Pietersz. Coen (1930), 'n uiters kritiese stuk oor Jan Pieterszoon Coen (die sewentiende-eeuse offisier van die Nederlands Oos-Indiese Kompanjie in Indonesië en Goewerneur-generaal van Nederlands-Indië vir twee termyne ), is in 1948 deur die burgemeester van Amsterdam verbied.[3]

Postuum uitgawes

[wysig | wysig bron]
Gedig deur Slauerhoff op 'n muur in Leiden

Twee werke wat byna voltooi was ten tyde Slauerhoff se afsterwe, die oorspronklike roman De opstand van Guadalajara en die vertaling van Martín Luis Guzmán se In de schaduw van den leider is in 1937 postuum gepubliseer.

'n Komitee vir die voorbereiding van die volledige werke van Slauerhoff is opgerig om sy "volledige werke" saam te stel. Hierdie komitee, bestaande uit toonaangewende literêre figure, waaronder 'n aantal vriende van Slauerhoff, het D.A.M. Binnendijk, Menno ter Braak, N.A. Donkersloot, Jan Greshoff, Kees Lekkerkerker, Hendrik Marsman, Adriaan Roland Holst en Constant van Wessem ingesluit. Du Perron se bydrae was 'n algemene oorsig betreffende die ordening en groepering van die inhoud; hierna wou hy nie verder deelneem nie. Werk het langsamerhand gevorder en is verder vertraag deur die gebeure van die Tweede Wêreldoorlog. Die eerste bundel het een jaar agter skedule (in 1941) verskyn en die reeks van agt volumes is eers in 1958 voltooi. Twee van die komiteelede, Ter Braak en Marsman, is aan die begin van die oorlog oorlede en die uitgewer, Nijgh & Van Ditmar, het in die middel van die projek moed verloor, wat onder andere daartoe gelei het dat die laaste bundel wat Slauerhoff se essays bevat onafhanklik deur Lekkerkerker gepubliseer is. Lekkerkerker, die mees toegewyde teksnavorser en beskermheer van Slauerhoff se literêre erfenis, het deur die jare Slauerhoff se manuskripte en onversamelde publikasies bestudeer, wat aanleiding gegee het tot steeds beter uitgawes van die volledige- dig- en Prosabundels wat in die 1980's gekulmineer het in die publikasie van verskeie uitgawes van Slauerhoff se werke. In 2018 is 'n volledige uitgawe van al sy gedigte gepubliseer (J. Slauerhoff - Verzamelde Gedichten. Nijgh & Van Ditmar, red Hein Aalders en Menno Voskuil, 1037 bladsye).

Wim Hazeu, een van die belangrikste biograwe van Nederland, het 'n nuwe weergawe van die Slauerhoff-biografie (Arbeiderspers) bestaande uit 855 bladsye prosa gepubliseer. Die laaste twee boeke is op 7 September 2018 in die Dorpskerk Huizum in Leeuwarden vrygestel omdat hierdie stad -die geboorteplek van Slauerhoff- aangewys is as Europa se kulturele hoofstad vir 2018.

Slauerhoff en Huizum

[wysig | wysig bron]
'n Beeld van Slauerhoff in Huizum

Die klein dorpie Huizum in Friesland dien as gasheer vir die jaarlikse Slauerhoff-lesing. Die kerk in Huizum bevat 'n brons borsbeeld van Slauerhoff wat geskep is deur Ben van der Geest. Verskeie familielede van die digter, waaronder sy ouers, is in die Huizum-begraafplaas begrawe. Die grafsteenplaat met die name van Slauerhoff se ouers staan sedert die verwydering van die graf op 'n voetstuk by die ingang van die Dorpskerk. Die grafsteen het hierdie prominente plek gekry omdat een van Slauerhoff se langste gedigte (In Memoriam Patris, 34 strofes) opgedra is aan die begrafnis van sy vader by dieselfde begraafplaas.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
Slauerhoff naby die borsbeeld van Luís de Camões in Macao

Poësie

[wysig | wysig bron]
  • Archipel (1923)
  • Clair-obscur (1927)
  • Oost-Azië (1928, onder die skuilnaam John Ravenswood)
  • Eldorado (1928)
  • Fleurs de Marécage (1929, in Frans)
  • Saturnus (1930, hersiene en vergrote heruitreiking van Clair-obscur)
  • Yoeng Poe Tsjoeng ("Nutteloos", vertalings van die Chinese en oorspronklike gedigte, 1930)
  • Serenade (1930)
  • Soleares (1933)
  • Een eerlijk zeemansgraf (1936)
  • Verzamelde gedichten (1947)
  • Al dwalend (voorheen onversamelde gedigte, 1947)
  • Alleen in mijn gedichten kan ik wonen (bloemlesing, 1978)
  • Op aarde niet en niet op zee (gedigte gekies deur Henny Vrienten (Amsterdam: Nijgh & Van Ditmar 2000. ISBN 90-388-7039-6)
  • In memoriam mijzelf (bloemlesing, 2006)

Prosa

[wysig | wysig bron]

Oorspronklike prosa

[wysig | wysig bron]
  • Het Lente-eiland en andere verhalen (1930, kortverhale)
  • Schuim en asch (1930, kortverhale)
  • Het verboden rijk (1932, roman); (Londen: Pushkin, 2012, ISBN 978-1-906548-88-9)
  • Het leven op aarde (1934, roman)
  • De opstand van Guadalajara (1937, postuum gepubliseer)
  • Verzameld proza (1961)
  • Verwonderd saam te zijn (1987, kortverhale en 'n eenbedryftoneelstuk [1928–1935])
  • Alleen de havens zijn ons trouw (1992, reisliteratuur kortverhale [1927–1932])

Vertaalde prosa

[wysig | wysig bron]
  • Ricardo Güiraldes — Don Segundo Sombra (1930, 1941², 1948³; uit die Spaans, met R. Schreuder)
  • José Maria de Eça de Queiroz — De misdaad van Pater Amaro (1932; uit die Portugees, met R. Schreuder)
  • Guillermo Hernández Mir — De hof der oranjeboomen (1932; uit die Spaans, met R. Schreuder)
  • Paulo Setúbal — Johan Maurits van Nassau (1933; uit die Portugees, deur R. Schreuder met J. Slauerhoff)
  • Ramón Gómez de la Serna — Dokter hoe is het mogelijk (1935; uit die Spaans)
  • Martín Luis Guzmán — In de schaduw van den leider (1937; uit die Spaans, met G.J. Geers, postuum gepubliseer)
  • Jules Laforgue — Hamlet, of De gevolgen der kinderliefde (1962, 1970²; uit die Frans [1928])
  • Roger Poidatz (Thomas Raucat — Twee verhalen (1974; uit die Frans [1929])

Drama

[wysig | wysig bron]

Lukraak

[wysig | wysig bron]
  • Verzamelde werken (8 vols., 1941–1958)
  • Brieven van Slauerhoff (Red. Arthur Lehning, 1955)
  • Dagboek (Red. Kees Lekkerkerker, 1957)
  • Verzameld Proza (2 vols. (Den Haag: Nijgh & Van Ditmar Uitgewers 1975. ISBN 90-236-5569-9 (vol. 1) en ISBN 90-236-5570-2 (vol. 2))
  • Slauerhoff student auteur (prosa en poësie uit Slauerhoff se studentedae, red. Eep Francken et al., 1983)
  • Brieven aan Hans Feriz (Red. Herman Vernout, 1984)
  • Het China van Slauerhoff: aantekeningen en ontwerpen voor de Cameron-romans (Red. W. Blok et al., 1985)
  • Hij droeg de zee en de verte aan zich mee (Briewe, red. deur J.J. van Herpen, 1985)
  • Cristina Branco Canta Slauerhoff (9 gedigte vertaal in Portugees en getoonset na Fadomusiek, 2000)
  • Van een liefde die vriendschap bleef (Briewe, red. deur Wim Hazeu, 2007)
  • Het heele leven is toch verloren (Gedigte, briewe, dagboeke ens, red. Arie Pos et al.) ISBN 978-90-814450-7-8
  • Slauerhoff Biografie, Wim Hazeu, 2018
  • J. Slauerhoff Verzamelde gedichten 2018, versorg deur Hein Aalders en Menno Voskuil

Behalwe vir die 2012 vertaling van Het verboden rijk deur Paul Vincent is geen van Slauerhoff se ander werke in Engels vertaal nie. Daar bestaan egter 'n aantal Duitse, Franse, Italiaanse, Oekraïense en Portugese vertalings van sy prosawerk asook Russiese vertalings van sy poësie.

Bronne

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. In Briewe van Peter Blum, red. J.C. Kannemeyer, Hemel en See Boeke-uitgewers (2008) op bl. 31 vn. 32 word hy beskryf as 'n "romantiese digter wie se poësie getuig van 'n rusteloosheid en 'n drang na onbereikbare vertes."
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Stuiveling, Garmt; Bork, G.J. van (1985). "Slauerhoff, Jan Jacob". In G.J. van Bork, P.J. Verkruijsse (red.). De Nederlandse en Vlaamse auteurs van middeleeuwen tot heden met inbegrip van de Friese auteurs (in Nederlands). Weesp: De Haan. pp. 529–30.
  3. 3,0 3,1 3,2 Laan, K. ter (1952). "J. Slauerhoff". Letterkundig woordenboek voor Noord en Zuid (in Nederlands). Den Haag/Jakarta: G.B. van Goor Zonen.
  4. Slauerhoff, Jacob (2012). The Forbidden Kingdom. Londen: Pushkin Press.
  5. Fenoulhet, Jane (2001). "Time Travel in the Forbidden Realm:J.J. Slauerhoff's Het verboden rijk Viewed as a Modernist Novel". Modern Language Review. 96 (2): 116–29. doi:10.2307/3735720. JSTOR 3735720.
  6. Veenstra, J.H.W. (1969). "Slauerhoff, Coen en de oorlogsmisdaden". Maatstaf. 17: 337–50. ISSN 0464-2198.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]