Gaan na inhoud

Mirzam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mirzam
Mirzam se ligging (in die rooi sirkel).
Mirzam se ligging (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Groot Hond
Bayer-naam Beta Canis Majoris
Spektraaltipe B1 II-III[1]
Soort Reusester/Helder reus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 06h 22m 41.98535s[2]
Deklinasie -17° 57′ 21.3073″[2]
Skynmagnitude (m) 1,985[3] (1.97 - 2.01[4])
Absolute magnitude (M) -4,1[5]
B-V-kleurindeks  -0,235[3]
U-B-kleurindeks  -0,99[3]
Besonderhede
Massa (M) 13,5 ± 0,5[6]
Radius (R) 9,7 ± 1,3[7]
Ligsterkte (L) 26 600[7]
Ouderdom (jaar) 12,4 ± 0,7 miljoen[6]
Temperatuur (K) 23 150[8]
Afstand (ligjaar) 500
Rotasiespoed (km/s) 31 ± 5[6]
Metaalinhoud [Fe/H] 0,04 ± 0,10[6]
Eienskappe
Veranderlikheid β Cep[9]
Ander name
Murzim, Mirza,[10] 2 Canis Majoris, HR 2294, BD-17°1467, HD 44743, SAO 151428, FK5 243, HIP 30324, GC 8223, CCDM 06227-1757[11]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Mirzam (ook bekend as Beta Canis Majoris of β CMa) is ’n ster in die sterrebeeld Groot Hond (Canis Major). Met sy gemiddelde skynbare magnitude van 1,985 is dit een van die helderste sterre in die naglug. Volgens parallaksmetings is dit sowat 500 ligjare van die Son af.[2]

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Mirzam is ’n Beta Cephei-veranderlike[9] met ’n skynbare magnitude wat oor ’n tydperk van ses uur wissel tussen 1,97 en 2,01, ’n wisseling wat te klein is om met die blote oog waar te neem. Die wisselings is die gevolg van periodieke pulse in sy buitenste laag.

Sy massa is sowat 13 tot 14 keer dié van die Son[6] en sy radius 8 tot 11 keer die Son s'n.[7] Sy effektiewe temperatuur is sowat 23 150 K, wat baie hoër as die Son s’n van 5 778 K is. Sy temperatuur gee dit die tipiese blouwit kleur van ’n B-tipe ster.[8][12] Mirzam se geraamde ouderdom is 12 miljoen tot 13 miljoen jaar. Dit het die waterstof in sy kern opgebruik en ’n reusester geword. Sy sterreklassifikasie van B1 II-III[1] dui aan sy spektrum lê tussen dié van ’n reusester en helder reus.

Die ster se Bayer-naam is "Beta Canis Majoris". Sy tradisionele name, "Mirzam" "Al-Murzim" of "Murzim",[10] kom van die Arabiese مرزم, "die voorloper", wat waarskynlik verwys na sy posisie as voorloper van Sirius in die naglug (hy kom voor Sirius op). In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Mirzam" vir die ster goedgekeur.[13]

Kultuuraspek

[wysig | wysig bron]

Mirzam verskyn op die vlag van Brasilië en simboliseer die staat Amapá.[14]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Abt, Helmut A. et al. (Julie 2002), "Rotational Velocities of B Stars", The Astrophysical Journal 573 (1): 359–365, doi:10.1086/340590, Bibcode2002ApJ...573..359A 
  2. 2,0 2,1 2,2 van Leeuwen, F. (November 2007), "Validation of the new Hipparcos reduction", Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664, doi:10.1051/0004-6361:20078357, Bibcode2007A&A...474..653V 
  3. 3,0 3,1 3,2 Cousins, A. W. J. (1972), "UBV Photometry of Some Very Bright Stars", Monthly Notes of the Astronomical Society of Southern Africa 31: 69, Bibcode1972MNSSA..31...69C 
  4. Balona, L. A.; Bregman, L.; Letsapa, B. A.; Magoro, B. T.; Walsh, S. E. (1996). "The Pulsation Frequencies of beta CMa". Information Bulletin on Variable Stars. 4313: 1. Bibcode:1996IBVS.4313....1B.
  5. Shobbrook, R. R.; Handler, G.; Lorenz, D.; Mogorosi, D. (2006). "Photometric studies of three multiperiodic β Cephei stars: β CMa, 15 CMa and KZ Mus". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 369 (1): 171–181. arXiv:astro-ph/0603754. Bibcode:2006MNRAS.369..171S. doi:10.1111/j.1365-2966.2006.10289.x.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 6,4 Mazumdar, A. et al. (November 2006), "An asteroseismic study of the β Cephei star β Canis Majoris", Astronomy and Astrophysics 459 (2): 589–596, doi:10.1051/0004-6361:20064980, Bibcode2006A&A...459..589M 
  7. 7,0 7,1 7,2 Hubrig, S. et al. (Junie 2006), "Discovery of magnetic fields in the βCephei star ξ1 CMa and in several slowly pulsating B stars*", Monthly Notices of the Royal Astronomical Society: Letters 369 (1): L61–L65, doi:10.1111/j.1745-3933.2006.00175.x, Bibcode2006MNRAS.369L..61H 
  8. 8,0 8,1 Zorec, J. et al. (Julie 2009), "Fundamental parameters of B supergiants from the BCD system. I. Calibration of the (λ_1, D) parameters into Teff", Astronomy and Astrophysics 501 (1): 297–320, doi:10.1051/0004-6361/200811147, Bibcode2009A&A...501..297Z 
  9. 9,0 9,1 Samus, N. N.; Durlevich, O. V.; et al. (2009). "VizieR Online Data Catalog: General Catalogue of Variable Stars (Samus+ 2007–2013)". VizieR On-line Data Catalog: B/gcvs. Oorspronklik In: 2009yCat....102025S. 1: 02025. Bibcode:2009yCat....102025S.
  10. 10,0 10,1 Allen, Richard Hinckley (1899), "Star-names and their meanings", New York: 129–130, Bibcode1899sntm.book.....A, https://books.google.com/books?id=5xQuAAAAIAAJ&pg=PA129 
  11. "V* bet CMa -- Variable Star of beta Cep type", SIMBAD (Centre de Données astronomiques de Strasbourg), http://simbad.u-strasbg.fr/simbad/sim-id?Ident=Beta+Canis+Majoris, besoek op 2012-01-02 
  12. "The Colour of Stars", Australia Telescope, Outreach and Education (Commonwealth Scientific and Industrial Research Organisation), December 21, 2004, archived from the original on 2012-03-10, https://www.webcitation.org/6630AbtJZ?url=http://outreach.atnf.csiro.au/education/senior/astrophysics/photometry_colour.html, besoek op 2012-01-16 
  13. "Bulletin of the IAU Working Group on Star Names, No. 1" (PDF). Besoek op 28 Julie 2016.
  14. "Astronomy of the Brazilian Flag" (in Engels). FOTW Flags Of The World website. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2017.

Ander bronne

[wysig | wysig bron]
  • Makemson, Maud Worcester (1941), The Morning Star Rises: An Account of Polynesian Astronomy, Yale University Press 
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia