Pyl (sterrebeeld)
Pyl | ||||
Latynse naam | Sagitta | |||
Genitief | Sagittae | |||
Afkorting | Sge | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h | |||
Deklinasie | 18º | |||
Grootte | 80 vk. grade (86ste) | |||
Kwadrant | NQ4 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 4 | |||
Helderste ster | Gamma Sagittae (γ Sge) | |||
Naaste ster | Gliese 745 | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 2 | |||
Messier-voorwerpe | 1 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 19 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Vos, Hercules, Arend, Dolfyn | ||||
|
Die Pyl (Latyn: Sagitta) is ’n klein sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit is noord van die ewenaar geleë en kan van oral op Aarde gesien word behalwe vanaf die Antarktiese sirkel.
Die Pyl is die derde kleinste sterrebeeld (naas die Vul en Suiderkruis). Dit lê in die Melkweg.
Ruimtevoorwerpe
[wysig | wysig bron]Die ster Alpha Sagittae (α Sge) is ook bekend as Sham. Dit is ’n geel reusester van spektraaltipe G1 II wat 610 ligjare van die Aarde af lê en vorm saam met Beta Sigittae (β Sge) óf die vere van die pylstok óf die dubbele punt van ’n pyl wat eens in die Romeinse leër gebruik is. Gamma Sagittae (γ Sge), ’n koel reus en die helderste ster, vorm saam met δ Sge en ε Sge die pylstok.
M71 is ’n nabygeleë bolvormige sterreswerm. Dit is net sowat 13 000 ligjare van die Aarde af.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
- Ian Ridpath en Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. ISBN 978-0-00-725120-9. Princeton University Press, Princeton. ISBN 978-0-691-13556-4.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pyl (sterrebeeld).