Gaan na inhoud

Sargas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sargas
Sargas se ligging (in die rooi sirkel).
Sargas se ligging (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Skerpioen
Bayer-naam Theta Scorpii
Spektraaltipe F0 II[1]
Soort Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 17h 37m 19.12985s[2]
Deklinasie -42° 59′ 52.1808″[2]
Skynmagnitude (m) 1,84 (1,862 + 6,22)[3]
Absolute magnitude (M) -2,71[4]
B-V-kleurindeks  +0,40[5]
U-B-kleurindeks  +0,21[5]
Besonderhede
Massa (M) 5,66 ± 0,65[6]
Radius (R) 26[7]
Ligsterkte (L) 1 834[6]
Temperatuur (K) 7 268[6]
Rotasiespoed (km/s) 125[8]
Ander name
Girtab, 160 G. Scorpii, CD−42° 12312, FK5 654, HD 159532, HIP 86228, HR 6553, SAO 228201, CCDM J17373−4300[9]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Sargas (ook bekend as Theta Scorpii of θ Sco) is ’n dubbelster in die suidelike sterrebeeld Skerpioen (Scorpius). Met sy skynbare magnitude van 1,87[5] is dit een van die helderste sterre in die naglug. Volgens parallaksmetings is dit sowat 300 ligjare van die Son af.[2] Die twee komponente is θ Scorpii A en B.

Die dubbelster se Bayer-naam is "Theta Scorpii". Sy tradisionele naam, "Sargas", is van Sumeriese herkoms,[10] of is dalk die Persies vir "pylpunt". In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Sargas" vir θ Scorpii A goedgekeur[11] omdat hulle name aan individuele sterre toegeken het eerder as aan sterstelsels.

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Die primêre ster, A, is ’n geëvolueerde helder reus met ’n sterreklassifikasie van F0 II.[1] Sy massa is sowat 5,7 keer dié van die Son, maar dit het uitgesit tot ’n radius van 26 keer die Son s’n[7] en ’n ligsterkte van 1 834 keer dié van die Son.[6] Sy effektiewe temperatuur van 7 268 K[6] gee dit die tipiese geelwit kleur van ’n F-tipe ster. Die ster roteer baie vinnig en het daarom ’n ovaal vorm, met die radius by sy ewenaar wat 19% groter is as by sy pole.[8]

Die metgeselster, B, het ’n skynbare magnitude van 5,36 en is 6,470 boogsekondes van die hoofster af.[12]

Kultuuraspek

[wysig | wysig bron]

Theta Scorpii kom voor op die vlag van Brasilië en simboliseer die staat Alagoas.[13]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Houk, Nancy (1978), "Michigan catalogue of two-dimensional spectral types for the HD stars", Ann Arbor : Dept. of Astronomy (Ann Arbor: Dept. of Astronomy, University of Michigan) 2, Bibcode1978mcts.book.....H 
  2. 2,0 2,1 2,2 van Leeuwen, F. (November 2007). "Validation of the new Hipparcos reduction". Astronomy and Astrophysics. 474 (2): 653–664. arXiv:0708.1752. Bibcode:2007A&A...474..653V. doi:10.1051/0004-6361:20078357.
  3. Høg, E.; Fabricius, C.; Makarov, V. V.; Urban, S.; Corbin, T.; Wycoff, G.; Bastian, U.; Schwekendiek, P.; Wicenec, A. (2000). "The Tycho-2 catalogue of the 2.5 million brightest stars". Astronomy and Astrophysics. 355: L27. Bibcode:2000A&A...355L..27H. doi:10.1888/0333750888/2862.
  4. Anderson, E.; Francis, Ch. (2012), "XHIP: An extended hipparcos compilation", Astronomy Letters 38 (5): 331, doi:10.1134/S1063773712050015, Bibcode2012AstL...38..331A. 
  5. 5,0 5,1 5,2 Johnson, H. L. et al. (1966), "UBVRIJKL photometry of the bright stars", Communications of the Lunar and Planetary Laboratory 4 (99): 99, Bibcode1966CoLPL...4...99J 
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 6,4 Hohle, M. M.; Neuhäuser, R.; Schutz, B. F. (April 2010), "Masses and luminosities of O- and B-type stars and red supergiants", Astronomische Nachrichten 331 (4): 349–360, doi:10.1002/asna.200911355, Bibcode2010AN....331..349H 
  7. 7,0 7,1 Pasinetti-Fracassini, L. E. et al. (Februarie 2001), "Catalogue of Stellar Diameters (CADARS)", Astronomy and Astrophysics 367 (2): 521–524, doi:10.1051/0004-6361:20000451, Bibcode2001A&A...367..521P 
  8. 8,0 8,1 van Belle, Gerard T. (Maart 2012), "Interferometric observations of rapidly rotating stars", The Astronomy and Astrophysics Review 20 (1): 51, doi:10.1007/s00159-012-0051-2, Bibcode2012A&ARv..20...51V. 
  9. "* tet Sco". Simbad. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op 18 Februarie 2012.
  10. Burnham, Robert (1978), Burnham's celestial handbook: an observer's guide to the universe beyond the solar system, Dover books explaining science, 3 (2nd ed.), Courier Dover Publications, p. 1676, ISBN 0-486-23673-0, https://books.google.com/books?id=PJzIt3SIlkUC&pg=PA1676 
  11. IAU Working Group on Star Names (WGSN), International Astronomical Union, https://www.iau.org/science/scientific_bodies/working_groups/280/, besoek op 22 Mei 2016. 
  12. Eggleton, P. P.; Tokovinin, A. A. (September 2008). "A catalogue of multiplicity among bright stellar systems". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 389 (2): 869–879. arXiv:0806.2878. Bibcode:2008MNRAS.389..869E. doi:10.1111/j.1365-2966.2008.13596.x.
  13. "Astronomy of the Brazilian Flag" (in Engels). FOTW Flags Of The World website. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2017.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]