Gaan na inhoud

Seaborgium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
106 dubniumseaborgiumbohrium
W

Sg

(Uhn)
Algemeen
Naam, simbool, getal seaborgium, Sg, 106
Chemiese reeks oorgangsmetaal
Groep, periode, blok 6, 7, d
Atoommassa (269) g/mol
Elektronkonfigurasie [Rn] 5f14 6d4 7s2[1][2]
Elektrone per skil 2, 8, 18, 32, 32, 12, 2
CAS-registernommer 54038-81-2
Fisiese eienskappe
Toestand voorspel;[3] vastestof
Digtheid (naby k.t.) voorspel; 35 g/cm³
Atoomeienskappe
Oksidasietoestande 6, (5), (4), (3), 0[1][2]
Ionisasie-energieë 1ste: 752,6 kJ/mol
2de: 1 732,9 kJ/mol
3de: 2 483,5 kJ/mol
Geskiedenis
Ontdek 1974
Ontdek deur Lawrence Berkeley National
Laboratory, Kalifornië
Genoem na Glenn T. Seaborg
Datum van naam 1994
Vorige naam unnilhexium
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van seaborgium
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
271Sg sin 2 min. 67% α 8,54 267Rf
33% SS - --
269Sg sin 3 min. α 8,50(6) 265Rf
267Sg sin 1,4 min 17% α 8,20 263Rf
83% SF - --
265mSg sin 16,2 s α 8,70 261Rf
265Sg sin 8,9 s α 8,90; 8,84; 8,76 261Rf
Portaal Chemie

Seaborgium is ’n superswaar, kunsmatige element met die atoomgetal 106 en simbool Sg. Dit kom nie in die natuur voor nie, kan net in ’n laboratorium vervaardig word en is radioaktief. Die stabielste bekende isotoop, seaborgium-269, het ’n halfleeftyd van ongeveer 3,1 minute. Dit is genoem na die Amerikaanse kernchemikus Glenn T. Seaborg en is een van net twee elemente wat genoem is na ’n persoon wat toe nog geleef het; die ander een is oganesson.

Op die periodieke tabel lê dit in die d-blok, in periode 7 en in groep 6 as die vierde lid van die 6d-reeks oorgangsmetale. Chemiese eksperimente het bevestig dit tree op soos die swaarder homoloog van wolfram net bo dit. Sy eienskappe is net gedeeltelik vasgestel, maar dit stem baie ooreen met dié van ander elemente in groep 6, chroom, molibdeen en wolfram.

In 1974 is ’n paar seaborgium-atome in laboratoriums in Amerika en die Sowjetunie vervaardig. Daar was onenigheid tussen wetenskaplikes van dié twee lande oor die prioriteit van ontdekking en die benaming van die element, en die IUPAC het dus eers in 1997 bepaal die element se amptelike naam is seaborgium.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Hoffman, Darleane C.; Lee, Diana M.; Pershina, Valeria (2006). "Transactinides and the future elements". In Morss; Edelstein, Norman M.; Fuger, Jean (reds.). The Chemistry of the Actinide and Transactinide Elements (3de uitg.). Dordrecht, Nederland: Springer Science+Business Media. ISBN 1-4020-3555-1.
  2. 2,0 2,1 Fricke, Burkhard (1975). "Superheavy elements: a prediction of their chemical and physical properties". Recent Impact of Physics on Inorganic Chemistry. 21: 89–144. doi:10.1007/BFb0116498. Besoek op 4 Oktober 2013.
  3. Östlin, A.; Vitos, L. (2011). "First-principles calculation of the structural stability of 6d transition metals". Physical Review B. 84 (11). Bibcode:2011PhRvB..84k3104O. doi:10.1103/PhysRevB.84.113104.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend