Gaan na inhoud

Sydney Clouts

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sydney Clouts
GeboreSydney David Clouts
1926
Kaapstad
Sterf1982
BeroepDigter
NasionaliteitSuid-Afrika
Noemenswaardige werkeOne Life
Collected Poems
Noemenswaardige toekenningsIngrid Jonkerprys
Olive Schreinerprys vir Engelse Letterkunde

Sydney Clouts (1926–1982) was ’n Suid-Afrikaanse digter. Sy bundels sluit in One Life en Collected Poems.[1]

Clouts is in 1926 in Kaapstad gebore. Hy studeer aanvanklik regte aan die Universiteit van Kaapstad, maar verskuif sy fokus en skryf 'n magistertesis oor Suid-Afrika se Engelse Letterkunde aan die Rhodes-universiteit. Hy het later 'n kwalifikasie as bibliotekaris in Londen verwerf.

Clouts was die skrywer van 'n digbundel getiteld One Life in 1966 wat ook in die New Coin-reeks gepubliseer is. In 1967 ontvang hy die Ingrid Jonkerprys en in 1968 die Olive Schreinerprys vir Engelse Letterkunde vir dié bundel. 'n Versameling van Clout se gedigte (wat deur M. en C. Clouts geredigeer is) is postuum gepubliseer, getiteld Sydney Clouts: Collected Poems (1984). In Oktober 1984 het die joernaal English in Africa 'n Sydney Clouts-memorial issue uitgegee.[2]

Hy is in 1982 op 56-jarige ouderdom oorlede.

Werke

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Clouts, Sydney, Encyclopaedia of South African, Arts, Culture and Heritage, besoek op 15 Julie 2017