Witmoerbei
Voorkoms
Witmoerbeiboom | |
---|---|
'n Witmoerbeiboom in Tehran | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | M. alba
|
Binomiale naam | |
Morus alba L. 1753
| |
Subspesies | |
Morus alba var. alba | |
Sinonieme[1] | |
|
Die Witmoerbei (Morus alba) is 'n indringerplant en 'n groot, bladwisselende en bosserige boom met neerhangende buitetakke. Die boom word tot 15 m hoog en groei aan stroomoewers en woudrande. Die enkelvoudige blare is ovaal, blink en het 'n skerp punt. Die are is duidelik op die blaar, dit is heldergroen aan die bokant en ligter aan die onderkant. Die groenerige blommetjies verskyn in are gedurende September tot Oktober. Die vrugte is silindries en kan rooi, wit of pers wees. Voëls eet graag die vrugte en versprei so die saad. Die boom is inheems aan China en Japan, waar dit deel van die sybedryf is.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "The Plant List, Morus alba L." Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2018. Besoek op 5 Oktober 2015.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Witmoerbei.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Witmoerbei